Tuesday 8 May 2012

Perdry terapie

Perdry terapie het al ‘n hele klom kinders asook volwassens gehelp. Perdry terapie help leerders met selfvertroue, bevordring van gebreke ens.

Individue met verskillende fisiese, emosionele, kognitiewe en maatskaplike gebreke of uitdagings baat by terapeutiese perdry, ook bekend as geassisteerde perdryaktiwiteit of aangepaste perdryaktiwitieit.

Volgens die skoolhoof van die Dagbreek skool, mnr. Paul du Plessis, het die perdry-terapie ’n groot rol in die ontwikkeling van die leerlinge van die skool gespeel en het dit ’n daadwerklike invloed op die lewensomgewing van die kinders gehad.

Elke les is gestruktureer om te fokus op die verbetering van die spesifieke behoefte en die perde word spesiaal vir elke individu uitgesoek.
Vir ’n persoon wat aan aandagsgebrek- hiperaktiwiteitsindroom ly sal ’n perd wat ’n groter uitdaging aan die ruiter bied, gekies word. Die instrukteur sal ook volgreeksoefening by die terapie insluit, om te verseker dat die ruiter tot die einde van die sessie gefokus bly.

’n Persoon wat aan serebrale pulsie ly en spastiese spiertonus het, sal op ’n perd met ’n smal rug ry, sodat die persoon nie oorstrek word terwyl hy/sy op die perd sit nie.
Lesse word so gestruktureer sodat die ruiter ontspanne sal wees en gestrek sal word. Die voordele van terapeutiese rykuns is gegrond op die beweging van die perd. Volgens me. Burmeister bied die drie-dimensionele, ritmiese beweging van die perd stimulering aan die spiere van die ruiter.
Die vorming van die band tussen die ruiter en perd kan ’n reusesin van vryheid aan die individu tot gevolg hê en bevorderlik wees vir vertroue en ’n sin vir eiewaarde.
Oefeninge en opdragte wat normaalweg as vervelig of “werk” gesien word in ’n tradisionele terapeutiese omgewing, word gewoonlik pret tydens ’n terapeutiese perdrysessie. Die perde kan die ruiter help om in beheer van hul omgewing te voel, aangesien daar ’n duidelike wederkerige betrekking tussen aksie en reaksie is.
Om ’n verhouding met die perd te bou, kan ’n lonende ondervinding vir ’n mens wees. Vir ’n persoon met ’n emosionele, maatskaplike of psigologiese gebrek, kan die vertroue en lojaliteit van die dier aan die ruiter oorgedra word en kan dit ’n bydrae lewer tot persoonlike verhoudings.

Die onvoorspelbare aard van diere en toestande skep ’n ware lewensomgewing, waarbinne die studente hul vrese sal kan beheer en aanpassings kan maak vir toestande buite hulle beheer.

Ouers en skole moet meer bewus word van die effek van perdry terapie op skoliere en dit begin implimenteer om ons leerders van vandag te help. Of wat’s jul opinie?

No comments:

Post a Comment