Tuesday 8 May 2012

Ek is huidiglik besig met my NGOS (nagraadse onderwys sertifikaat) . Ek was besig met 'n verpligte ekstrakurrikulere aktiwiteit (hokkie) toe ek haar ontmoet het. Alicia Snyman. Sy het langs my gesit in die lesing, en sy kon nie stilsit nie. Haar voet het heletyd gespring, sy't lukraak geselsies aangeknoop met almal, aan haar pennesakkie gekarring, die plastiek van haar hokkiestok afgetrek, aan haar hare gevat, haar neus gekrap plus minus drie keer in een minuut. Ek het dadelik geweet: Sy lei aan AGHS(od die meer bekende term, ADHD). Omdat ek met 'n boetie groot geword het wat aan AGHS lei, kon ek dit dadelik uitken. Ek haar sommer prontuit gevra: Lei jy aan ADHD? Sy't onmiddelik gevries en met 'n frons gevra: Hoe't jy geweet? Sy was aanvanklik ongemaklik om daaroor te praat maar toe sy hoor dat ek saam met 'n boetie groot geword het wat 'n erge geval van ADHD het, het sy soos 'n roos oopgeblom oor die onderwerp. "Aanvanklik het my boetie slegs mediaksie gebruik as hy moes leer", verduidelik ek vir haar. Sy verras my deur te se dat Sy perdry terapie ondergaan het. "Perdry terapie?", vra ek. Ja! Bulder sy! Sonder dit sou ek nie my hoerskool loopbaan kon voltooi nie! Die eerste indruk van perdry terapie laat ouers skepties, omdat dit baie fisiese risiko's beloop, soos beserings, harde fisiese oefening, ens. "Ek het 'n paar keer van die perd afgeval omdat ek nie opgelet het nie", lag sy, "maar later aan het ek geleer as ek nie konsentreer of kyk wat ek doen nie, is ek verantwoordelik vir my eie seerkry". "Die perdry terapie het na 'n ruk 'n geweldige positiewe invloed op my konsentrasievlakke, prestasie vlakke en energievlakke gehad. My energie is in die perdry 'gechannel' en so het dit my kalmeer en kon ek my lewe leef. Ek kon gesprekke voer met mense en hul het my verstaan, onderwysers het minder met my geraas omdat ek bietjie rustiger was. Maar toe ek universiteit toe gekom het, het ek ophou perdry. Als het daarna bietjie afgeneem. My konsentrasie het weer verswak, ek het weer hiperaktief geword, al die ou simptome het terug gekom. So dit is beslis 'n bewys dat perdry terapie werk!". Uit die perd se bek.

No comments:

Post a Comment